Thursday, December 30, 2010

Herinnering aan Oujaarsaand diens 31 Desember 2010

Hiermee wil ek vriendelik herinner aan die Oujaarsaand diens Vrydagaand ( môre om 23H30).

Mag jy/julle 'n voorspoedige nuwe jaar tegemoet gaan.

In die Here se teenwoordigheid is dit moontlik om ten spyte van nuwe uitdagings vrede en vreugde te beleef.

Groete in Jesus Christus

Frank

Ns. Ds. Lewies Boshoff sal die volgende drie eredienste waarneem.

Sy selfoon nommer is: 083-333-7634

Tuesday, December 28, 2010

Afkondiginge - Sondag 26 Desember 2010

Afkondiginge Sondag 26 Desember 2010

Middernagdiens:

Vrydagaand om 23H30 in die Kerkgebou te Mtubatuba.

Verlof: Leraar en skriba..

Vanaf die 01 ste tot 19 de Januarie 2011

Ds. Lewies Boshoff van Dundee neem waar. Hy sal tuisgaan by Lourens en Elphia de Lange te St. Lucia.

Hiermee 'n woord van dank aan Lourens en Elphia vir die huisves van ds. Lewies en sy gesin.

Verjaarsdae:

Charmaine Stadler 27/12

Nicolaas le Roux 30/12

Riaan Kruger 30/12

Tommie Simms 30/12

Veronica Esterhuizen 30/12

Rika van der Merwe 31/12

Voorbidding….

Tannie Nell.

Jacques du Toit

Hanneli van Rensburg.

M.Clarence

Mense geraak deur padsterftes…

Dankie vir God se seën….

Geniet 2011

'n Voorspoedige Nuwe Jaar word u almal toegewens. Mag U God se nabyheid en liefde op 'n besondere manier ervaar.

Afkondiginge - Sondag 19 Desember 2010

Afkondiginge 19 Desember 2010

Kersdag 25 Desember 2010

Erediens te St Lucia om 08H00 by die konferensiesaal van die hotel.

Erediens Mtubatuba om 10H00 in die kerkgebou. U word almal hartlik daartoe uitgenooi.


Eredienste Sondag 26 Desember 2010

Oggenddiens om 09H00 in die Kerkgebou Mtubatuba

Aanddiens om 18H00 te St.Lucia in die konferensiekamer van die hotel.

Voorbidding

Tannie Nell

Jacques du Toit

Hanneli van Rensburg

Tannie Lettie Visser ( Oom Gert Oorlede)

Riaan en Marzanne

( Druk by die besigheid en soeke na 'n huis..)

Kersnaweek (Vrede...)


Geniet die nuwe week

Mat 1:21 Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos."

Mat 1:22 Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word:

Mat 1:23 "Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem." Die naam beteken God by ons.

'n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar word u almal toegewens.

Tuesday, December 14, 2010

Wen 'n Vakansie ! ! !

Wen 'n Vakansie ! ! !

7 Dae Akkommodasie in 'n Selfsorg woonstel vir 'n gesin van 4 te St. Lucia, KZN

Fondsinsameling ten bate van

Tuinsig Sentrum vir Bejaardes -

Georganiseer deur N G Kerk Mtubatuba


Trekking - 31 Januarie 2011


Prys geldig tot 30/11/2011 -

Buite Seisoen






Verblyf navrae -

Gerda Pieters:

035 590 1440












Kompetisie navrae - Anette Badenhorst: 035 590 1160