Saturday, August 20, 2011

Afkondigings - 21 Augustus 2011

1. Spesiale kollekte by die deure....

is vir die gemeente fonds

2. Bybelstudie….

Maandag 17:30 by Xander & Susan, St Lucia.

Dinsdag 09:00 Anneks, Mtuba.

3. Voorbidding....

Frik & Rina Koen

Charles de Lange

Tannie Nell

Liz Steenkamp se broer

Thinus Oosthuizen

Johan Dekker (Herstel tuis)

Ina v Rensburg

Karen Stander

4. Voorbidding....

Ena Simms

Alta Britz

Liz Vermaak se vader.

Die familie van Des Chick ( Des oorlede ...)

Kerkraadsvergadering na Kategese vanoggend

Ringskonferensie (06-09 September)

5. Verjaarsdae....

GP Swanepoel 21 / 08

Daan de Waal 24 / 08

Derick Holman 25 / 08

Arnold Meyer 25 / 08

Joey Scholtz 26 / 08

John Engelbrecht 27 / 08

6. Besoek van CMD....

Rina Steenkamp kom ons gemeente besoek in September en sal die dames toespreek tydens die September Vroue Kuier-aand in St Lucia. Ons sal graag vir haar iets wil gee, wat kan help in die groot groot werk waarmee hulle besig is. As u iets wil saam bring, sal dit baie welkom wees. Hulle kan nie-bederfbare kos soos droë bone, melkpoeier, mieliemeel, suiker, koekmeel en gis gebruik. Tweedehandse klere, skoene, boeke, tydskrifte, skryfbehoeftes en speelgoed maar veral tweedehandse opvoedkundige speelgoed is uiters waardevol.

7. Bybelstap NG Kerk Mtubatuba....

Die jaarlikse Bybelstap word gereël vir die 24 ste September vanaf Mtuba Primêre skool. As u kan hulp verleen by die geleentheid, skakel asseblief met Jos Badenhorst in die verband.

8. Omgeegroep wegnaweek:

Volgende naweek gaan die omgeegroep 50 plus in Durban bymekaar wees vir die naweek. Ds. PJ Roelofse sal dan die erediens waarneem.

9. Baie Dankie....Vir hulp met Ringsbroederkring

Aan Hannatjie. Botha, Liz en Marius Vermaak en Ethel Badenhorst wat verversings, slaaie en poeding voorberei het vir die Ringsbroederkring. Nie net het almal dit baie geniet nie, maar dit het gehelp dat dinge vlot kon verloop. Ook van die ander leraars ’n groot dankie aan elkeen.

10. NGK Meerensee Mannekamp...

2 - 4 Sepetmber te Futululu

Aangebied deur NGK Meerensee & ds. Otto Clasen

Naweektemas: : "Wild gewortel", "Wreed eword", "'n geveg...", "Die Prinses", "Groei wild!"

Navra: Niekie 035 753 2332 / ngmeerensee@absamail.co.za

11. Eshowe NG Kerkbasaar....

Saterdag 27 Augustus

Langs Eshowe Superspar

Kom geniet heerlike kos, kunsstalletjies, vars vrugte, groente en vleis.

Teetuin, Vetkoek, Snoek braai, Kerrie en Rys, Springkasteel & pret vir die kinders.

10. Geniet die week....

1 Joh 2:17 En die wêreld met al sy begeertes gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.