Ons deel in die vrouens se vreugde deur na 'n paar foto's te kyk!
Die vroueaand is in die Anneks deur Magda en Martie Nieman aangebied waar die dames teenwoordig toegespreek is deur Mandy de Jager van Annique velsorg produkte.
Martie open deur almal te verwelkom en lees vir ons 'n verwerking van Ps 23 gestuur deur Charmaine Stadler.
Daarna lees Magda vir ons voor uit Kwellings en Kwinkslae deur Madelein van Biljon. Hierna begin die pret van 'PAMPERLANG' wat dan ook die aand se tema was. Ons vrouens het toe elkeen self sy gesig gepamperlang nodeloos om te sê dat ons vrouens so gegiggel en gelag het, maar op die einde van die aand dit so geniet het en dit enige tyd weer sou wou doen.
Dus kort en kragtig die dames wat nie daar was nie,ons verstaan dat omstandighede dit soms verhoed dat julle die vroueaande bywoon, maar glo my dit was weereens groot pret waarop julle uitgemis het.
Liefde Groete
Mariè
No comments:
Post a Comment