Afkondigings Sondag 10
April 2016
Ø Spesiale deurkollekte vir die gemeente fonds.
Ø Kategese: Daar is kategese na die erediens.
Ø Om kinders aan te moedig ten opsigte van die
bywoning van kategese het die kerkraad besluit om aan die einde van die jaar
kinders op ‘n manier erkenning te gee vir gereelde en getroue bywoning.
Ø Die gemiddelde bywoning sal uitgewerk word vanaf
die begin van die tweede kwartaal.
Ø Waar ouers nie in die posisie is om so gereeld
deur te kom nie, kan gekyk word na die moontlikheid dat kinders saam met
iemand kom wat wel deurkom.
Bybelstudie….
Ø Maandagaand.. 17:30 by Lake View.
Ø Dinsdagoggend 09H00
in die Kerksaal.
Ø Dinsdagaand .... 18H00 te Riverview.
Verjaarsdae…
Ø Estelle Sauer 14/04
Ø Patrick Gregory 15/04
Ø Gerrie van Rooyen 15/04
Ø Annette Opperman 16/04
Ø Mareina Rautenbach 16/04
Ø Martie Scheepers 16/04
Voorbidding….
Ø Ben Nel
Ø Karen Dippenaar
Ø Neels & Alida Foordt
Ø Anette Opperman
Ø Guy van Vuuren
Ø Marius Badenhorst
Ø Willem & Hermien van Vuuren
Ø
Hannatjie
Botha (suster)
Ø
Ringsbroederskring
te Mandini
Ø
Dankie
vir God se liefde, sorg en genade!
Ringsbroederkring
·
Die leraars van die
Ring vergader môre te Mandini.
·
Die vergadering begin
om 09H00.
·
Die leraar sal dus
uitstedig wees.
Impak
Dissipelvormings Joernaal.
·
Saterdag 23 April word
‘n werkswinkel aangebied in die kerksaal rakende dissipelskap.
·
Die materiaal is van
die Algemene Sinode se taakspan vir Lidmaatbemagtiging.
·
Die doel is om ons as
lidmate te help om innoverende dissipels vir die Here in ons eie konteks te
wees.
·
Koste: R50 per persoon. Dit maak
voorsiening vir die kursusmateriaal en ietsie om te eet.
·
Antwoord asseblief voor of op die 17 de April 2016: Ons het nodig om te weet hoeveel persone kom om die kursusmateriaal
voor te berei. U kan met die kerkkantoor, die leraar, Ben Nel en Anette
Badenhorst in hierdie verband skakel.
·
Program:
09H00 SESSIE 1: INLEIDING
09H00 SESSIE 1: INLEIDING
10h15 SESSIE 2: DIE GEES GEE GROEI
11H15 SESSIE 3: DIE GEES GEE GAWES
12H15 SESSIE 4: DIE GEES GEE WYSHEID
13H00 Middagete...
13H15 Sessie 5: DIE GEES GEE GELEENTHEDE
Afsluiting.
Voorbidding vir projek van die Bybelgenootskap.
·
Ons
vra u spesiale voorbidding vir twee opwindende Bybelverspreidingsprojekte van
die Bybelgenootskap asseblief.
·
Eerstens
vir die Bybelverspreidingsprojek van die Bybelgenootskap se motorfietsspan,
“Word Riders”, wat vanaf 9 tot 14 April deur KZN sal toer. Die doel van
die toer is om Bybels aan graad sewes op die platteland beskikbaar te
maak. 70 Skole word besoek in Empangeni, Richardsbaai, Margate, Port
Shepstone en Bergville areas om 4 576 Bybels uit te deel. Die groep bereik
leerders wat nie altyd toegang tot Bybelverkoopspunte of bemarkers het nie. Die
groot missie naamlik “Die Bybel vir elkeen” word hiermee gedien.
·
Tweedens:
Vir die eerste keer in die geskiedenis het die Bybelgenootskap in KZN ‘n eie
fietsryspan vir Bybels. Hulle sal op 24 April met die aQuelle Durban Toer
Fietswedren deelneem te Moses Mabhida Stadium om Bybels vir die Graad 7 projek
los te trap. Tot op hede is daar 18+ fietsryers. Bid dat die Here
hul geesdrif vir “Die Bybel vir elkeen” saak hoog sal laat brand.
Boekuitstalling….
Ø Geestelike boeke word
weer vanoggend in die saal uitgestal
Ø
U kan gerus ‘n bietjie gaan deurblaai. Gerda en Ina sal daar beskikbaar wees indien
u iets sou wou koop.
Vetkoek....
Ø
Word
gebak op Vrydag 15 April.
Ø
Hulp
met bak en aflewer sal waardeer word.
Ø
Probeer
asseblief om bestellings voor Woensdag 13 Maart te plaas ter wille van aankope.
Geniet die nuwe week….
Psalm 18 : 3 Die
Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
No comments:
Post a Comment