Sunday, April 25, 2010

Afkondiginge – Sondag 25 April 2010

GOK Vergadering: Die GOK vergader volgende Sondag net na die kategese.
Verversings en tee: Dankie aan hulle wat vandag verversings gebring het.
Bybelstudie: Geen Bybelstudie hierdie week as gevolg van Vakansiedag.
Verlof leraar en Skriba: Die leraar en skriba vetrek Dinsdag na Pretoria en sal Vrydag terugkeer.
Wildsmaalvleis/ Biltong en Droёwors:
  • Wildsmaalvleis: Voorraad is eers uitgedun, sal weer in kennis stel as daar weer gekom het.
  • Biltong en droё wors…
  1. Groot pakkies R35-00.
  2. Klein Pakkies R15-00
  3. Wildsdroёwors R20-00

Verjaarsdae - Sondag 25 April 2010


  • Willem van Heerden                  28/04
  • Hettie Holman                          29/04
  • Rachel Pienaar                          01/05
  • Lelani van Blerk                        01/05

Evangelisasiekursus / Power Point – Sondag 25 April 2010

Diegene wat hierin belangstel moet asseblief met Magda, Anette praat of met die kerkkantoor skakel. Die hantering van die dataprojektor sou ons goedskiks na diens kon doen, of dan op 'n meer geleё tyd soos onderling gereёl.

Geniet die nuwe week! – Sondag 25 April 2010


Efesiёrs 2:19
Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie,
maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.

Voorbidding - Sondag 25 April 2010

  • Frik Koen
  • Jacques du Toit
  • Rosa Snyman
  • Roelf Stadler
  • Jannie Pieters

Sunday, April 18, 2010

Bybelstudies - Sondag 18 April 2010


Bybelstudies – Sondag 18 April 2010

  • Maandagaand om 17H30 te st. Lucia
  • Dinsdagoggend om 09H00 by die Anneks.
  • Dinsdagaand om 17h30 by Frik en Rina.

Verjaarsdae - Sondag 18 April 2010



Hiermee word die volgende persone hartlike geluk gewens met die herdenking van hul geboortedag. Mag dit 'n nuwe jaar vol vrede en groot suksesse wees….
  • Hannatjie Botha                       18/04
  • Bernard Koen                           19/04
  • Lea Drieselmann                       19/04
  • Trevor Huysamer                      20/04
  • Ben Nel                                    22/04

Getroue getuies Evangelisasie kursus - Sondag 18 April 2010

Dit word beplan om sodanige kursus aan te bied te St.Lucia.  Die kursusfooie behels R 110-00.  Dit is vir die kursusboek.  Die boeke kan slegs bestel word as persone vir die kursus inskryf.  Indien u belangstel om aan die kursus deel te neem word u versoek om u naam in te dien by Magda of Anette Badenhorst, asook die skriba.  Die eerste sessie sal bepaal word na gelang van die inskrywings, en die verkryging van die boeke.  As voorlopige datum dien Sondagmiddag 25 April om 17H00.

Afkondiginge – Sondag 18 April 2010


Spesiale kollekte by die deure: Vir die Noodfonds
Wildsmaalvleis/ Biltong en Droёwors:
  • Wildsmaalvleis: R30 per pakkie
  • Biltong en droё wors…R40 pakkies word verkoop teen R35. R20 pakkies teen R15 uitgesonderd die wildsdroёwors.

Voorbidding - Sondag 18 April 2010


  • Frik Koen.
  • Ettiene Snyman ( Dankie…)
  • Rosa Snyman
  • Roelf Stadler
  • Hennie en Anwyn Dreyer
  • Jacques du Toit
  • Gesinne wat krisisse beleef.
  • Jeug: Opleiding en opvoeding.
  • Bewaring en beskerming
  • Land se leiers ( Insig, goeie leierskapsvaardighede)

Sunday, April 11, 2010

Afkondiginge - 11 April 2010 (Sondag)




Spesiale kollekte by die deure: Vir die Noodfonds.
Fraternal: 15 April om 08H30

Voorbidding - 11 April 2010 (Sondag)




  • Frik Koen.
  • Ettiene Snyman
  • Jacques du Toit
  • Gesinne wat krisisse beleef.
  • Vrede en kalmte oor die land heen.
  • Leiers ( Billike en regverdige leiding, intregriteit…)

Geniet die nuwe week - 11 April 2010 (Sondag)




Geniet die nuwe week – 11 April 2010 (Sondag)
Ek wil die Here loof!
Here my God, U is baie groot,
U is beklee met koninklike luister,
U is met 'n kleed van lig omhul.
Psalm 104:1-2

Verjaarsdae - 11 April 2010 (Sondag)

Hiermee word die volgende persone hartlike geluk gewens met die herdenking van hul geboortedag. Mag dit 'n nuwe jaar vol vrede en groot suksesse wees….
  • Gerrie van Rooyen                    15/04
  • Patrick Gregory                        15/04
  • Anette Opperman                     16/04
  • Martie Scheepers                      16/04
  • Mareina Rautenbach                 16/04
  • Hannatjie Botha                       18/04

Kerklike Tuin - 11 April 2010 (Sondag)

  • Nadat die uitheemse boom gesaag is, wie se wortels 'n bedreiging ingehou vir die drein en die rioleringssisteem, lyk dit nie alte lekker nie, en is die skaduwee ook daarmee heen…vir sommige voertuie. Jannie en sy span het egter 'n plan hoe om die tuin te verfraai. Insette kan aan hom gelewer word. U geduld en begrip word op prys gestel. Die twee geelhoutbome is nog nie verkry en ingeplant nie, maar sal op die regte oomblik gebeur.
  • Dankie aan Marius Vermaak wat sy masjinerie tot beskikking gestel het, en self ure ingesit het om die boomstomp langs die Anneks uit te haal, asook takke weg te ry. Dit word opreg waardeer.

Getroue getuies Evangelisasie kursus - 11 April 2010 (Sondag)


Dit word beplan om sodanige kursus aan te bied te St. Lucia.  Die kursusfooie behels R 110-00.  Dit is vir die kursusboek.  Die boeke kan slegs bestel word as persone vir die kursus inskryf.  Indien u belangstel om aan die kursus deel te neem word u versoek om u naam in te dien by Magda of Anette Badenhorst, asook die skriba.  Die eerste sessie sal bepaal word na gelang van die inskrywings, en die verkryging van die boeke.   As voorlopige datum dien Sondagmiddag 25 April om 17H00.

Fondsinsameling: Karnaval – 11 April 2010 (Sondag)


  • Enige los items wat verpak en gebêre moet word, moet asseblief so spoedig moontlik teruggebring word, sodat die proses van verpakking kan begin.
  • Weereens dankie aan almal wat gehelp beplan en uitvoer het. U maak 'n groot verskil!
  • Biltong en Droёwors is  beskikbaar by die Anneks. R40 pakkies word verkoop teen R35. R20 pakkies teen R15 uitgesonderd die wildsdroёwors.

Friday, April 9, 2010

Karnaval: Dankie!!!





Hiermee wil ons vir julle baie dankie sê vir die harde werk in die voorbereiding en hantering van stalletjies by die karnaval.  Dit is slegs deur elkeen se betrokkenheid en meewerking dat die karnaval as geheel hanteer kon word en suksesvol afgehandel word.  Inderdaad voel 'n mens soms om êrens anders te wees, en net ook sommer niks te doen nie.  Tog was julle hier en het julle meegewerk ten goede.  Dit word uit die hart uit waardeer.

Ons fokus met dankbaarheid ons harte en oё op die Here wat nogeens die hele gebeure geseёn het.  Met verwondering besef ons dat die Here vir ons almal goed is in wat Hy ons toelaat om te doen en in die krag wat Hy gee, sowel as die seёn wat Hy daarop laat rus.

As ons kon, het ons vir julle 'n medalje laat slaan.
Mag jul ook nou na die tyd 'n bietjie rus en vrede geniet.
Met waardering.
Groete in Jesus Christus

Frank en Ina

Sunday, April 4, 2010

Geniet die nuwe week - (Sondag) 04/04/2010




Geniet die nuwe week – (Sondag) 04/04/2010
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus kom al die lof toe!

Efesiërs 1:3

Verjaarsdae - (Sondag) 04/04/2010



  • Charnè von Plaster  -  05/04
  • Ian Reid  -  06/04
  • Maans Vorster  -  07/04
  • Francois Pienaaar  -  07/04

Voorbidding - (Sondag) 04/04/2010


  • Kobus Swanepoel.
  • Estelle, Jacques en Nicholaas du Toit
  • Lynne van Rooyen
  • Frik Koen
  • Barend Koen
  • Rosa Snyman.
  • Hanè Botha

Afkondiginge - 4 April 2010 (Sondag)




Spesiale Kollekte:
Die Spesiale Kollekte is vir die noodfonds.

Karnaval - Afkondiginge (Sondag) 04/04/2010



 
Karnaval

Baie Dankie aan almal wat hard en oorgegewe saamgewerk het
….dit word opreg waardeer.