Kerklike Tuin - 11 April 2010 (Sondag)
- Nadat die uitheemse boom gesaag is, wie se wortels 'n bedreiging ingehou vir die drein en die rioleringssisteem, lyk dit nie alte lekker nie, en is die skaduwee ook daarmee heen…vir sommige voertuie. Jannie en sy span het egter 'n plan hoe om die tuin te verfraai. Insette kan aan hom gelewer word. U geduld en begrip word op prys gestel. Die twee geelhoutbome is nog nie verkry en ingeplant nie, maar sal op die regte oomblik gebeur.
- Dankie aan Marius Vermaak wat sy masjinerie tot beskikking gestel het, en self ure ingesit het om die boomstomp langs die Anneks uit te haal, asook takke weg te ry. Dit word opreg waardeer.
No comments:
Post a Comment