Dominee se preek het vir ons baie stof tot nadenke gegee, veral met sy baie besondere vraag.
“Hoe goed onthou jy?”
Die mens oor die algemeen is maar ‘n treurige onthouer in sy daaglikse bestaan. Wanneer dit oor sy geestelike verhouding met God gaan is ons ook nie altyd uitblinkers nie, maar die oomblik wanneer dinge verkeerd gaan of daar moeilikheid is, is ons vinnig om by God aan te klop vir hulp en genade. Ons het lankal alweer vergeet van sy alles oorheersende liefde vir ons.
Die digter van Psalm 111:verse 7 & 8 herinner ons aan God se wonderbaarlike liefde – “Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas, hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid.”
Prys die Here!
Dominee het ons op ‘n herinneringsreis geneem om ons weereens te laat onthou
van hoe groot God se liefde vir ons as mens werklik is.
Eerstens, die Skepping.
God het die mens geskep –
as beeld van God het hy die mens geskep – Genesis 1:27
Jesus se beboorte –
Lukas 2:11,12 – 14 ”Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde
vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!”
Die Paasmaaltyd –
Lukas 22:19 en 20 “Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.” Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word”.
Jesus se kruisiging te Golgota.
Lukas 23:34 Toe se Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”
Lukas 23:46 “ Vader,in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.
Begrafnis en Opstanding.
Markus 15 – Dit was Vrydag, Josef van Arimatea het Jesus toegedraai in linne en neergelê in ‘n graf wat uit rots uitgekap is. Hy het ‘n klip voor die ingang van die graf gerol.
Markus 16 – Jesus van Naseret, wat gekruisig was het op die derde dag, vroeg die Sondagoggend weer opgestaan uit die dode en aan Maria Magdalena verskyn.
Jesus se verskyning na sy opstanding.
Lukas 24 : 40 – Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete.
Lukas 24 : 47 – en in sy Naam moet bekering van sondes
Hemelvaart.
Lukas 24 – buite die stad, Betanië het Jesus sy hande opgehef en sy dissipels geseën
Lukas 24 : 51 Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem.
God se liefde vir Ons.
Johannes 1 : 14 – “ Die Woord het mensgeword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun, van die Vader het, vol genade en waarheid”.
Johannes 1 : 29 – Johannes sê “ Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”
ONTHOU !!!
God het ons so lief dat Hy sy enigste Seun gegee het om te sterf sodat ons sondes vergewe kan word.
“ Hoe goed onthou jy ? “
No comments:
Post a Comment