Afkondigings Sondag 4 November 2012
1. Spesiale kollekte by die
deure....
is vir die Zimbabwe Gemeentes.
2. Bybelstudie....
Maandag 17:30 by Xander & Susan, St Lucia.
Dinsdag 09:00 Anneks, Mtuba.
3. Voorbidding....
•
Liz Steenkamp
•
Barend Koen
•
Hennie Nieman
•
Deon van der Merwe (Volgende behandeling = 20 ste November)
•
Thea Myburgh
•
Monja( Alet Dekker se
dogter)
•
Martha (Anette se
suster)
•
Theunissen Rabe
•
Nigel ( Annette &
Johan Gerber se nefie)
•
Marié Stubbe se suster
•
Die matrieks besig met
eksamen.
•
Die opruiming en
herstel na die skade in sommige dele van die wêreld na die storms die afgelope
week.
•
Dankie vir God se seën
oor ons almal.
4. Verjaarsdae....
•
Annemie Janse van Rensburg 08 / 11
•
Bertus Britz 11
/ 11
5. Koeksisters....
Daar word beplan om Woensdag 7 November
koesisters te bak en hulp met die bak sal waardeer word. Skakel asseblief met
Ethel Badenhorst.
6. Vroue-kuieraand....
Donderdag 8 November
Waar: Anneks,
Mtubatuba NG Kerk
Tyd: 18:00
Al die dames word hartlik uitgenooi en
bring gerus 'n vriendin saam.
7. Baie dankie....
Aan almal
wat gehelp het met die voorbereidings, neem van bestellings, bak &
aflewering van die vetkoeke, in besonder Mareina wat al die reëlings vooraf
getref het.
8. Tiendemaand....
Dankie aan almal wat koeverte ingehandig het of inbetalings gemaak het. Die
bedrag wat tot op datum ontvang is, is ______________
Ons loof en dank die Here vir sy sorg en genade oor die gemeente.
9. Koningsdal
Kinderhuis:
•
Die kerspartytjie van die Kinderhuis is die 01 ste Desember 2012. Daar
word nie beplan om kersgeskenke te gee in die sin van speelgoed as sulks nie,
maar eerder benutbare items.
•
Die volgende behoeftes bestaan: Tandeborsels//tandepasta/seep/Sanitêre
doekies/dettol/skoonmaakmiddels soos Handy Andy, Sunlight seep, skottelgoed
seep/ Wax vloerpolitoer/deodorant / Dawn / Vaseline.
Bydraes gemerk vir Koningsdal kan by die kerkkantoor afgegee word, of
skakel met Ethel.
Dankie vir diegene wat reeds iets gebring het.
10. Geniet die nuwe week....
Psalm 107:1
"Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde
nie!"
No comments:
Post a Comment