Sunday, March 31, 2013

Afkondigings - 31 Maart 2013


Afkondigings 31 Maart 2013
Spesiale kollekte by die deure is vir die gemeentefonds.

Verjaarsdae….
Riana de Waal                   31 / 03
Freddie Grobbelaar           31 / 03
Ina Janse van Rensburg   01 / 04
Sias Botha                                  03 / 04
Gert Kruger                        06 / 04
Domaniqu Fourie               07 / 04
Francois Pienaar                07 / 04
Maans Vorster                   07 / 04
         
Voorbidding….
         Willie Steenkamp
         Deon van der Merwe
         Hennie Nieman
         Piet Oosthuisen
         Myrtle van Blerk
         Roelf Stadler
         Kobus Swanepoel
         Willem Janse van Vuuren
         Skoolvakansie en vakansie-gangers op die paaie.
         Dankie aan die Heer vir die bevestiging van Sy liefde en deernis vir ons in die Paasgebeure.
Karnaval…. 2013!
         Dankie aan almal wat vooraf gehelp het, en so ook aan elkeen wat op die dag self gehelp het.
         Dankie aan elkeen se bydrae tot opbou en uitbouing van God se koninkryk.
         Dankie vir hulle wat help opruim het.
         Ons versoek weer vriendelik dat alles wat nog êrens tydelik neergesit is net weer teruggebring word. Na verloop van tyd weet ons nie meer waar alles is as ons nie dadelik daaroor beskik nie.
         Dankie aan die Here vir Sy leiding, genade en sorg.. Ons leef in Sy nabyheid en onder Sy liefde. Die bedrag op die dag inbetaal is R88,000. Hieruit moet daar egter uitbetalings gemaak word rakende aankope ens. Ons kan die Here net maar loof en dank!
Leraar siekverlof….
         Die leraar gaan hierdie week in vir ’n verdere prosedure in die Bay Hospitaal.
         Sondag sal die erediens gelei word deur ds. Rupert de Koning van Meerensee.
Dankie aan….  
         •  Ds. Marthinus van Rooyen en Anita wat kom help het in terme van die dienste op Goeie Vrydag en vandag ens.
         •  Dankie aan Alet Dekker by wie hul kon tuisgaan. Dit word opreg waardeer.
Geniet die nuwe week….
Lukas 24:34  …“Die Here het regtig opgestaan…”

April 2013


Sunday, March 24, 2013

Afkondignings - Sondag 24 Maart 2013


Afkondigings              Sondag         24 Maart 2013

1.        Spesiale kollekte by die deure....
is vir die Bybelgenootskap.

2.        Bybelstudie....
            Maandagaand om 17:30 by Lake View Cabanas
(Ester)
            Dinsdagoggend: Geen Bybelstudie...

3.        Verjaarsdae....
        Jana le Roux                24 / 03
        Liz Vermaak                 26 / 03
        Jean Mellett                 27 / 03
        Hentie Rautenbach        29 / 03
        Karli Schulze                 29 / 03
        Riana de Waal               31 / 03
        Freddie Grobbelaar        31 / 03
       
4.        Voorbidding....
           Willie Steenkamp
           Deon van der Merwe
           Hennie Nieman
           Piet Oosthuisen
           Myrtle van Blerk
           Roelf Stadler
           Kobus Swanepoel (Operasie 24 Maart)
           Willem Janse van Vuuren
           Dirkie en Lee-Ann Botha ( Vader oorlede)
           Troue: Arnold Meyer  en Antionette van Lill Smit (Saterdag om 16H30)
           Voorbereiding Paasnaweek en die Karnaval
           Skoolvakansie en vakansiegangers op die paaie

5.        Karnaval.... 2013!
         Hulp word steeds benodig by die stalletjies. Al sou ’n persoon net ’n uur of twee kan uithelp, help dit baie.
         Sale regmaak: Vanaf 14h00 Vrydagmiddag..
         Soos elke jaar word versoek dat alles wat by die stalletjies oorbly dadelik of dan ssm terugkom na die Kerk. Die middag reeds word tafels en vrieskaste, gastowe teruggebring. Dit geld ook vir bestanddele wat ongebruik is of middele wat oorbly. Items word of gebêre of plaaslik te koop aangebied.
         Nogmaals dankie vir almal wat vooraf bygedra het, op die dag gaan werk, en ook help met die opruiming daarna. U insette word opreg waardeer.
         Laat ons bowe alles in die reëlings ons fokus op die Here ons God behou in wie se diens ons staan. Dit is deur sy genade dat ons die geleenthede het, en die krag en insig om dit te gebruik. Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge.

6.     Koesisters....
Baie dankie aan Ethel en al haar helpers wat Woensdag koesisters gebak het. Die koesisters sal by die Karnaval te koop aangebied word.

7.        Geniet die nuwe week....
Psalm 46:12  Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting.

Sunday, March 17, 2013

Afkondigings - Sondag 17 Maart 2013


Afkondigings              Sondag         17 Maart 2013

1.        Spesiale kollekte by die deure....
is vir Koningsdal Kinderhuis.

2.        Bybelstudie....
            Maandagaand om 17:30 by Lake View Cabanas
(Esther)
            Dinsdagoggend om 09H00 in die Anneks

3.        Vroue-aand....
        Baie dankie aan Susan & Elphia.
Die dames het die aand baie geniet en almal is op nuut bewus daarvan om waardering aan mekaar te betoon.

4.        Verjaarsdae....
        Ronel van den Heever   17 / 03
        Sylvia Stapelberg          21 / 03
        Desire Koen                 22 / 03
        Dirk Rossouw               23 / 03
        Jana le Roux                24 / 03
       
5.        Voorbidding....
           Heidi Dorfling
           Karen Stander
           Willie Steenkamp
           Deon van der Merwe
           Hennie Nieman
           Barend Koen
           Piet Oosthuisen
           Myrtle van Blerk
           Roelf Stadler
           Pollie Snyman
           Kobus Swanepoel (Operasie 25 Maart)
           Willem Janse van Vuuren
           Groei in respek en waardering van vroue en kinders
           Voorbereiding Paasnaweek en die Karnaval

6.        Karnaval.... 2013!
         Droë bestandele kan asb gebring word, aangesien dit nog verwerk moet word.
         Hulp word steeds benodig by die stalletjies. Al sou ’n persoon net ’n uur of twee kan uithelp, help dit baie.
         Nogmaals dankie vir al die harde werk, die beloftes en bydraes ontvang en sommer net vir die goedgesindheid.

7.     Koesisters..
Woensdag 20 Maart word koesisters gebak. Diegene wat kan help kan gerus met Ethel Badenhorst skakel.

8.     Baie Dankie ....
·        Alet, Marie, Annemarie en Thea vir die verpakking van die klere en lakens/kussingslope vir die verskillende bestemmings. Dit word opreg waardeer.

7.        Geniet die nuwe week....
Johannes 10:28  Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.  Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Sunday, March 10, 2013

Vroue-aand Donderdag 14 Maart 2013


Vroue-aand
Tyd: Donderdag 14 Maart 2013 om 18.00
Plek:  Umlilo Lodge
Tema: OM TE GEE
“‘n Mens gee min wanneer jy van jou
besittings gee. Dit is wanneer jy van jouself
gee dat jy werklik gee.” ….Kalhlil Gibran
“Die manier waarop jy gee is belangriker as
dit wat jy gee.” …..Pierre Corneille
Kom kuier lekker saam en leer hoe
om van jouself te gee.

Afkondiginge - Sondag 10 Maart 2013


Afkondiginge
Spesiale kollekte Biblia Richardsbaai.

Bybelstudies..
Maandagaand om 17h30 by Xander en Susan.
Dinsdagoggend in die Anneks.

Vroue-aand
Tyd: Donderdag 14 Maart 2013 om 18.00
Plek:  Umlilo Lodge
Tema: OM TE GEE
“‘n Mens gee min wanneer jy van jou
besittings gee. Dit is wanneer jy van jouself
gee dat jy werklik gee.” ….Kalhlil Gibran
“Die manier waarop jy gee is belangriker as
dit wat jy gee.” …..Pierre Corneille
Kom kuier lekker saam en leer hoe
om van jouself te gee.

Verjaarsdae
Hermien Janse van Vuuren 10/03
Annatjie Nel                         10/03
Karen Stander                      10/03
Pollie Snyman                      13/03
Xander Combrinck               13/03

Voorbidding
Heidi Dorfling
Karen Stander
Willie Steenkamp
Deon van der Merwe
Hennie Niemann
Barend Koen
Piet Oosthuisen
Myrtle van Blerk
Pollie Snyman
Martie (Liz Steenkamp se dogter)
Kobus Swanepoel (Operasie 25 Maart)
Hermien Janse van Vuuren.
Verkose kerkaadslede..
Groei in respek en waardering van vroue en kinders…
Voorbereiding Paasnaweek, en die Karnaval…

Dankie….
Almal wat gehelp het met die voorbereiding, lewering en bak van die vetkoek.
Dit was warm, die ruimte knap, en die hoeveelheid baie…(580) .. jul opoffering, vasbyt en harde werk word waardeer.
Dankie aan almal wat die produk geniet het, en dit so af en toe laat hoor! Dit gee moed vir nog ‘n keer!

Karnaval…… 2013!!
Vergadering vandag net na die kategese… Ons vra dat almal wat ‘n stalletjie hanteer asseblief sal insit.
Droë bestanddele kan ssm ingebring word aangesien dit nog verwerk moet word.
Al die kollekteerlyste moet ook asseblief ssm ingehandig word…
Nogmaals dankie vir al die harde werk, die beloftes en bydraes ontvang en sommer net vir die goedgesindheid.

Geniet die nuwe week..
2 Korinthiërs 5:17-18
 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.  Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.

Sunday, March 3, 2013

Afkondiginge - Sondag 3 Maart 2013


Afkondiginge

Spesiale kollekte by die deure is vir die RAF Hulpfonds.

Die leraar vertrek vanmiddag na PMB en dan daarvandaan verder na Drakensville vir die Natalse Predikantekonferensie wat duur tot Donderdag.

Bybelstudies
Maandag om 17h30 by Xander en Susan.
Dinsdagoggend om 09H00 in die Anneks.

Voorbidding
Heidi Dorfling (rug)
Karen Stander (rug)
Willie Steenkamp. (hartklepvervanging)
Deon van der Merwe.
Hennie Niemann
Barend Koen
Piet Oosthuisen.
Myrtle van Blerk (oë)
Pollie Snyman.
Martie (Liz Steenkamp se dogter)
Kobus Swanepoel (Operasie 25 Maart)
Hermien Janse van Vuuren.
Michael Zikhali ( Plaaswerk…)
Predikantekonferensie..
Verkose kerkaadslede..

Karnaval…… 2013!!
Dankie aan almal wat reeds  betrokke is.
Dankie aan almal wat op die dag gaan help.
Dankie aan elkeen wat vooraf help al is hul weens omstandighede of ander redes nie die 30 ste hier nie.
Dankie vir al die skenkings reeds gemaak, asook dit wat beloof is, .. dit word waardeer….

Karnaval….
Snuffeltafel….  Items hiervoor kan na Elphia de Lange se huis geneem word te St. Lucia, of hier plaaslik na die Kerk gebring word….
Tombolatafel… Alle items hiervoor kan aan Anette Badenhorst voorsien word…
Wild…. Praat asseblief met Jos..
Ou bruikbare speelgoed…. wil dit by die snuffeltafel verkoop.

Wêreldbiddag vir vroue…
Dankie aan Ethel Badenhorst en Gerda Pieters wat die gemeente daar verteenwoordig het.

Kursus Omgeevaardighede..
Die datums vir die volgende modules is…
Omgeevaardighede  19/20 ste Julie 2013 en …..
Verkondigingsvaardighede die 30/31 ste Augustus 2013.
Al sou u nie die eerste module kon bywoon nie, kan die u inskakel by die tweede module.
Die koste is R 100 per persoon.

Verjaarsdae..
Teresa Else                           04/03
Barend Koen                         05/03
Annatjie Nel                          10/03
Hermien Janse van Vuuren 10/03
Karen Stander                       10/03

Geniet die nuwe week….
2Tim. 3:16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek,
2Tim. 3:17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.