Sunday, March 10, 2013

Afkondiginge - Sondag 10 Maart 2013


Afkondiginge
Spesiale kollekte Biblia Richardsbaai.

Bybelstudies..
Maandagaand om 17h30 by Xander en Susan.
Dinsdagoggend in die Anneks.

Vroue-aand
Tyd: Donderdag 14 Maart 2013 om 18.00
Plek:  Umlilo Lodge
Tema: OM TE GEE
“‘n Mens gee min wanneer jy van jou
besittings gee. Dit is wanneer jy van jouself
gee dat jy werklik gee.” ….Kalhlil Gibran
“Die manier waarop jy gee is belangriker as
dit wat jy gee.” …..Pierre Corneille
Kom kuier lekker saam en leer hoe
om van jouself te gee.

Verjaarsdae
Hermien Janse van Vuuren 10/03
Annatjie Nel                         10/03
Karen Stander                      10/03
Pollie Snyman                      13/03
Xander Combrinck               13/03

Voorbidding
Heidi Dorfling
Karen Stander
Willie Steenkamp
Deon van der Merwe
Hennie Niemann
Barend Koen
Piet Oosthuisen
Myrtle van Blerk
Pollie Snyman
Martie (Liz Steenkamp se dogter)
Kobus Swanepoel (Operasie 25 Maart)
Hermien Janse van Vuuren.
Verkose kerkaadslede..
Groei in respek en waardering van vroue en kinders…
Voorbereiding Paasnaweek, en die Karnaval…

Dankie….
Almal wat gehelp het met die voorbereiding, lewering en bak van die vetkoek.
Dit was warm, die ruimte knap, en die hoeveelheid baie…(580) .. jul opoffering, vasbyt en harde werk word waardeer.
Dankie aan almal wat die produk geniet het, en dit so af en toe laat hoor! Dit gee moed vir nog ‘n keer!

Karnaval…… 2013!!
Vergadering vandag net na die kategese… Ons vra dat almal wat ‘n stalletjie hanteer asseblief sal insit.
Droë bestanddele kan ssm ingebring word aangesien dit nog verwerk moet word.
Al die kollekteerlyste moet ook asseblief ssm ingehandig word…
Nogmaals dankie vir al die harde werk, die beloftes en bydraes ontvang en sommer net vir die goedgesindheid.

Geniet die nuwe week..
2 Korinthiërs 5:17-18
 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.  Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.

No comments:

Post a Comment