1. Spesiale kollekte by die deure....
is vir die Gemeentefonds
2. Kerkraadsvergadering....
Vind vanoggend na kategese plaas. Verlede Sondag was daar te veel mense weg en dus nie ’n kworum nie.
3. Bybelstudie….
Maandag 17:30 by Xander & Susan, St Lucia
Dinsdag 09:00 Anneks, Mtuba..
4. Voorbidding....
Frik & Rina Koen
Charles de Lange
Tannie Nell
Liz Steenkamp se broer
Celia Olivier (gaan sleg...)
5. Voorbidding....
Willie Steenkamp (Maandag vir hartprosedure)
Jacque du Toit (dankbaarheid - in remisie)
Die matrieks besig met eksamen.
Kerkraadsvergadering na Kategese in die Anneks...
6. Verjaarsdae....
Rudi Dorfling 13/11
Petro du Toit 14/11
Leona Minnie 15/11
Stienie Potgieter 16/11
Rosa Kriek 20/11
7. Baie Dankie....
· Vetkoek: Baie Dankie aan almal wat saamgewerk het in die hantering van die vooraf reëlings, die bak en die aflewer van die vetkoek. Baie dankie vir die hulp en ondersteuning.
8. Baie Dankie....
Vroue aand afsluiting 10 November 2011.
Die kersafsluiting was `n fees!
Baie dankie aan Myrtle en Lelani vir al hulle harde werk.
Dit was regtig baie spesiaal.
9. 10de Maand.....
Dankie vir elkeen se bydrae tot die 10de maand insameling.
Ons dank die Here vir sy genade aan ons almal geskenk.
Die bedrag tans is R 247,600
10. Verblyf Aflosleraar....
Ds. Marthinus en Anita van Rooyen sal deur Desember waarneem.
Indien daar iemand is wat met verlof weg is, en iemand in hul huis wil laat bly kan dit baie help as die aflosleraar daar kan bly. Die tydperk is: Sondag 10 Desember 2011 tot 09 Januarie 2012.
11. Interkerklike Kerssangdiens....
Die geleentheid word beplan vir die 02 de Desember om 18H00 by die
Metodiste Kerk. Dit sal gehou word om 18H00. Almal word daartoe uitgenooi. U word versoek om solank ’n nota daarvan te maak.
12. Musiek en sang op die kerklike terrein....
Die geleentheid word beplan vir die 26 ste November. U word gevra om dit ook solank aan te teken. Die gedagte is dat ’n mens jou piekniekmandjie bring en net lekker kom ontspan.
13. Mark by Rubyveld....
’n Mark word beplan deur die Rugbyklub vir die 26 ste November. Die gelde is in belang van die rugbyklub. Dit is gedurende die loop van die oggend tot ongeveer 15H00. Die organiseerders wil sommer net ’n lekker geleentheid vir die inwoners van Mtubatuba reël. As mense of ’n kerklike aksie dalk ’n stalletjie wil neem kan die volgende persone gekontak word: Lourie by 0832802911 of Sam by 035 5501550
14. Geniet die week....
No comments:
Post a Comment