is vir die Gemeentefonds
2. Kerkraadsvergadering....
Die volgende persone is verkies:
As Ouderling Wyk 2 St Lucia - Faan Kriek
Diakens: Umfolozi/Dukuduku - Lizelle Smit
Diakens: Mtuba Oos - Abrie Esterhuysen
Maandag 17:30 by Xander & Susan, St Lucia
Dinsdag 09:00 Anneks, Mtuba..
Indien daar mense is wat graag by die Bybelstudie in Mtubatuba sou wou aansluit maar nie die geleentheid het nie asgv. die feit dat dit in die oggend is wil ons graag van u hoor. Dit sou moontlik wees om die tyd aan te pas na laat middag/of vroeg aand. Dit sou goed wees om te hoor as u sou belangstel, sowel as hoe laat vir u gerieflik is. Dit sal ons help om betyds aanpassings op die nuwe almanak aan te bring.
4. Voorbidding....
Frik & Rina Koen
Charles de Lange
Tannie Nell
Liz Steenkamp met die afsterwe van haar broer
Celia Olivier
5. Voorbidding....
Willie Steenkamp (terug in St Lucia)
Die matrieks besig met eksamen.
Beskermingsdienste
Rosa Kriek 20 / 11
Susan Combrink 22 / 11
Amber Janse van Rensburg 25 / 11
Frik Koen 25 / 11
Tinus Oosthuisen 26 / 11
7. Baie Dankie....
Aan Jannie Pieters vir die werk by die kerk gedoen.... verdere plante aangeplant ens
En aan Boet Badenhorst vir die werk wat mbt die plaveisel by die herdenkingsmuur begin is
8. Greytown Kinderhuis
Afsluitingsfunksie en Kerspartytjie 2011
9. Greytown Kinderhuis sê dankie vir alles wat vir die kinders gedoen is - hulle waardeer dit.
10. Verblyf Aflosleraar....
Ds. Marthinus en Anita van Rooyen sal deur Desember waarneem.
Indien daar iemand is wat met verlof weg is, en iemand in hul huis wil laat bly kan dit baie help as die aflosleraar daar kan bly. Die tydperk is: Sondag 10 Desember 2011 tot 09 Januarie 2012.
11. Interkerklike Kerssangdiens....
Die geleentheid word beplan vir die 02 de Desember om 18H00 by die Metodiste Kerk. Dit sal gehou word om 18H00. Almal word daartoe uitgenooi. U word versoek om solank ’n nota daarvan te maak.
12. Musiek en sang op die kerklike terrein....
Die geleentheid word beplan vir die 26 ste November. U word gevra om dit ook solank aan te teken. Die gedagte is dat ’n mens jou piekniekmandjie bring en net lekker kom ontspan.
13. Nagmaal....
Sondag 27 November: U word nou reeds hartlik daartoe uitgenooi.
14. Meerensee Kersligmark....
Kwaliteit handgemaakte en kunsprodukte, heerlike etes en hope pret vir die kinders!!! Saterdag 3 Desember 12:00 - 20:00
15. Mountain Bike Race & 10 km Road Run....
Te Mtuba Rugby Klub Saterdag 3 Desember 2011
Inskrywings vanaf 07:00
10 km & 25 km Bergfiets renne & 10 km Padwedloop
Inskrywingsgelde: 10 km items: R25 & 25 km item R50
Navrae: Tel 082 888 4572 / 083 320 0150
Iets te ete sal te koop wees.
Almal welkom.
Opbrengs ten bate van CANSA
16. Geniet die week....
Jesaja 65:24 Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.
No comments:
Post a Comment