Sunday, November 27, 2011

Afkondigings - 27 November 2011



      1.     Spesiale kollekte by die deure... 
            is vir die Gemeentefonds
      2.    U word hartlik uitgenooi.... om 'n koppie tee te kom drink in die Anneks na die diens.  Dankie aan Mtuba Noord, Nuwe Mtuba Oos en Suidwyk wat die verversings voorsien het.  Die kollekte by tee is ten bate van die Blommefonds.
3.   Bybelstudie….
Maandag 17:30 by Xander & Susan, St Lucia

Dinsdag 09:00 Anneks, Mtuba..

Indien daar mense is wat graag by die Bybelstudie in Mtubatuba sou wou aansluit maar nie die geleentheid het nie asgv. die feit dat dit in die oggend is wil ons graag  van u  hoor. Dit sou moontlik wees om die tyd aan te pas na laat middag/of vroeg aand. Dit sou goed wees om te hoor as u sou belangstel, sowel as hoe laat vir u gerieflik is. Dit sal ons help om betyds aanpassings op die nuwe almanak aan te bring.

4.            Voorbidding....
Frik & Rina Koen
Charles de Lange
Tannie Nell
Liz Steenkamp
Celia Olivier
Dr. Andries Boshoff

5.            Voorbidding....
Die matrieks (eksamen.)
Wêreldvigdag

6.   Verjaarsdae....
Marie Stubbe          28 / 11
Heleen Buys           29 / 11
Rassie Huysamer     01 / 12
Piet Cilliers             04 / 12
Jacques Else           04 / 12

7.    Baie Dankie....
Aan almal wat megedoen het om ons eerste Musiek-aand gister-aand suksesvol te laat afloop.  Spesiale dank aan Petro, Liz, Johan en Boet...  Aan Neels en Alida vir die leen van die klavier.... Aan Rassie vir die skerm om die komposarea toe te maak...

8.   Verblyf Aflosleraar....
Ds. Marthinus en Anita van Rooyen sal deur Desember waarneem.
Verblyf is gereël vir hulle. Daar is ’n paar dae waarmee ons ’n probleem het..... nl. 30 Desember tot die  03 de Januarie

9.   Interkerklike Kerssangdiens....
Die geleentheid word beplan vir die 02 de Desember om 18H00 by die
Metodiste Kerk. Dit sal gehou word om 18H00. Almal word daartoe uitgenooi.  U word versoek om solank ’n nota daarvan te maak.


 10.    Gemeentelike Kerssangdiens:
  • Sondagaand 04 Desember 2011 om 18h00.
  • U word daartoe hartlik uitgenooi.

 11.    Geniet die week....


Psalm 51:14
Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is,
laat my U weer met toewyding dien.


Monday, November 21, 2011

Afkondigings - 20 November 2011

1.     Spesiale kollekte by die deure....
is vir die Gemeentefonds

2.    Kerkraadsvergadering....
Die volgende persone is verkies:
As Ouderling Wyk 2 St Lucia - Faan Kriek
Diakens: Umfolozi/Dukuduku - Lizelle Smit
Diakens: Mtuba Oos - Abrie Esterhuysen

3.    Bybelstudie….
Maandag 17:30 by Xander & Susan, St Lucia

Dinsdag 09:00 Anneks, Mtuba..

Indien daar mense is wat graag by die Bybelstudie in Mtubatuba sou wou aansluit maar nie die geleentheid het nie asgv. die feit dat dit in die oggend is wil ons graag  van u  hoor. Dit sou moontlik wees om die tyd aan te pas na laat middag/of vroeg aand. Dit sou goed wees om te hoor as u sou belangstel, sowel as hoe laat vir u gerieflik is. Dit sal ons help om betyds aanpassings op die nuwe almanak aan te bring.

4.    Voorbidding....
Frik & Rina Koen
Charles de Lange
Tannie Nell
Liz Steenkamp met die afsterwe van haar broer
Celia Olivier

5.    Voorbidding....
Willie Steenkamp (terug in St Lucia)
Die matrieks besig met eksamen.
Beskermingsdienste


6.    Verjaarsdae....
Rosa Kriek                                 20 / 11
Susan Combrink                         22 / 11
Amber Janse van Rensburg         25 / 11
Frik Koen                                  25 / 11
Tinus Oosthuisen                       26 / 11


7.    Baie Dankie....
Aan Jannie Pieters vir die werk by die kerk gedoen.... verdere plante aangeplant ens
En aan Boet Badenhorst vir die werk wat mbt die plaveisel by die herdenkingsmuur begin is

8.   Greytown Kinderhuis
Afsluitingsfunksie en Kerspartytjie 2011

9.   Greytown Kinderhuis sê dankie vir alles wat vir die kinders gedoen is - hulle waardeer dit.

10. Verblyf Aflosleraar....
Ds. Marthinus en Anita van Rooyen sal deur Desember waarneem.
Indien daar iemand is wat met verlof weg is, en iemand in hul huis wil laat bly kan dit baie help as die aflosleraar daar kan bly. Die tydperk is: Sondag 10 Desember 2011 tot 09 Januarie 2012.

11. Interkerklike Kerssangdiens....
Die geleentheid word beplan vir die 02 de Desember om 18H00 by die Metodiste Kerk. Dit sal gehou word om 18H00. Almal word daartoe uitgenooi.  U word versoek om solank ’n nota daarvan te maak.



12. Musiek en sang op die kerklike terrein....
Die geleentheid word beplan vir die 26 ste November. U word gevra om dit ook solank aan te teken.  Die gedagte is dat ’n mens jou piekniekmandjie bring en net lekker kom ontspan.



13. Nagmaal....
Sondag 27 November: U word nou reeds hartlik daartoe uitgenooi.

14. Meerensee Kersligmark....
Kwaliteit handgemaakte en kunsprodukte, heerlike etes en hope pret vir die kinders!!!  Saterdag 3 Desember 12:00 - 20:00


15. Mountain Bike Race & 10 km Road Run....
Te Mtuba Rugby Klub  Saterdag 3 Desember 2011
Inskrywings vanaf 07:00
10 km & 25 km Bergfiets renne & 10 km Padwedloop
Inskrywingsgelde:  10 km items:  R25 & 25 km item R50
Navrae:  Tel 082 888 4572 / 083 320 0150

Iets te ete sal te koop wees.
Almal welkom. 
Opbrengs ten bate van CANSA



16. Geniet die week....
Jesaja 65:24  Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.

Sunday, November 20, 2011

"A JOYFUL NOISE"

Hiermee stuur ek aan u ‘n herinnering van die spesiale geleentheid by die Kerklike terrein
op die 26 ste November 2011.
As daar familie of vriende kuier, nooi hulle saam en kom hou heerlik piekniek.
Groete in Jesus Christus
Frank

Monday, November 14, 2011

Afkondigings - 13 November 2011



1.     Spesiale kollekte by die deure....
is vir die Gemeentefonds

2.            Kerkraadsvergadering....
Vind vanoggend na kategese plaas. Verlede Sondag was daar te veel mense weg en dus nie ’n kworum nie.

3.     Bybelstudie….
Maandag 17:30 by Xander & Susan, St Lucia
Dinsdag 09:00 Anneks, Mtuba..

4.            Voorbidding....
Frik & Rina Koen
Charles de Lange
Tannie Nell
Liz Steenkamp se broer
Celia Olivier (gaan sleg...)

5.            Voorbidding....
Willie Steenkamp (Maandag vir hartprosedure)
Jacque du Toit (dankbaarheid - in remisie)
Die matrieks besig met eksamen.
Kerkraadsvergadering na Kategese in die Anneks...

 
6.            Verjaarsdae....
Rudi Dorfling                             13/11
Petro du Toit                             14/11
Leona Minnie                             15/11
Stienie Potgieter                         16/11
Rosa Kriek                                 20/11


7.    Baie Dankie....
·         Vetkoek: Baie Dankie aan almal wat saamgewerk het in die hantering van die vooraf reëlings, die bak en die aflewer van die vetkoek. Baie dankie vir die hulp en ondersteuning.

8.    Baie Dankie....
Vroue aand afsluiting 10 November 2011.
Die kersafsluiting was `n fees!
Baie dankie aan Myrtle en Lelani vir al hulle harde werk.
Dit was regtig baie spesiaal.






9.   10de Maand.....
Dankie vir elkeen se bydrae tot die 10de maand insameling.
Ons dank die Here vir sy genade aan ons almal geskenk.
Die bedrag tans is R 247,600

10.            Verblyf Aflosleraar....
Ds. Marthinus en Anita van Rooyen sal deur Desember waarneem.
Indien daar iemand is wat met verlof weg is, en iemand in hul huis wil laat bly kan dit baie help as die aflosleraar daar kan bly. Die tydperk is: Sondag 10 Desember 2011 tot 09 Januarie 2012.

11.      Interkerklike Kerssangdiens....
Die geleentheid word beplan vir die 02 de Desember om 18H00 by die
Metodiste Kerk. Dit sal gehou word om 18H00. Almal word daartoe uitgenooi.  U word versoek om solank ’n nota daarvan te maak.



12.            Musiek en sang op die kerklike terrein....
Die geleentheid word beplan vir die 26 ste November. U word gevra om dit ook solank aan te teken.  Die gedagte is dat ’n mens jou piekniekmandjie bring en net lekker kom ontspan.

 
13. Mark by Rubyveld....
’n Mark word beplan deur die Rugbyklub vir die 26 ste November. Die gelde is in belang van die rugbyklub. Dit is gedurende die loop van die oggend tot  ongeveer 15H00. Die organiseerders wil sommer net ’n lekker geleentheid vir die inwoners van Mtubatuba reël. As mense of ’n kerklike aksie  dalk ’n stalletjie wil neem kan die           volgende persone gekontak word:  Lourie by 0832802911 of Sam by 035 5501550

14. Geniet die week....
Kol 3:13  Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het.  Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Monday, November 7, 2011

Vroue-Kuier Aand Uitnodiging 10 November 2011


Vroue - Kuier Aand: Donderdag, 10 November 2011
St. Lucia Dorpsaal - 18h00

Afkondigings - 6 November 2011


1.       Spesiale kollekte by die deure....
is vir die Zimbabwe gemeentes

2.       Bybelstudie….
Maandag 17:30 by Xander & Susan, St Lucia
Dinsdag 09:00 Anneks, Mtuba..

3.   Voorbidding....
Petro Du Toit en Familie
Frik & Rina Koen
Charles de Lange
Tannie Nell

4.   Voorbidding....
Liz Steenkamp se broer
Liz Vermaak se ouers
Jade Stander
Celia Olivier
Die matrieks besig met eksamen.
Kerkraadsvergadering na Kategese in die Anneks

5.   Verjaarsdae....
Annemie Janse van Rensburg     08/11
Bertus Britz                              11/11
Ria van de Linde                       12/11
Simoné Nel                               12/11
Rudi Dorfling                            13/11


6.    Vetkoek....
Daar word beplan om Vrydag 11 November weer te bak.  Bestellings moet asseblief voor Woensdag-aand geplaas word.  Hulp met die bak en aflewering sal waardeer word.

7.    Vroue-kuier aand....
In St Lucia Donderdag 10 November.... u word hartlik daartoe uitgenooi.

8.   10de Maand.....
Dankie vir elkeen se bydrae tot die 10de maand insameling.
Ons dank die Here vir sy genade aan ons almal geskenk.

10. Verblyf Aflosleraar...
Ds. Marthinus en Anita van Rooyen sal deur Desember waarneem.
Indien daar iemand is wat met verlof weg is, en iemand in hul huis wil laat bly kan dit baie help as die aflosleraar daar kan bly. Die tydperk is: Sondag 10 Desember 2011 tot 09 Januarie 2012.

11. Interkerklike Kerssangdiens:
  • Die geleentheid word belan vir die 2 de Desember om 18H00 by die Metodiste Kerk.
  • Dit sal gehou word om 18H00. Almal word daartoe uitgenooi.
  • U word versoek om solank ’n nota daarvan te maak.



12. Musiek en sang op die kerklike terrein:
  • Die geleentheid word beplan vir die 26 ste November.
  • U word gevra om dit ook solank aan te teken.
  • Die gedagte is dat ’n mens jou piekniekmandjie bring en net lekker kom ontspan.       


11. Geniet die week....
Fil 4: 6  Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.


Saturday, November 5, 2011