Sunday, July 18, 2010

BOEKWURM: Nuusbrief - Junie 2010 (Volume 19)


'n Ma se Hoop 
deur Francine Rivers

Uiteindelik is daar weer 'n nuwe Francine Rivers-boek op die rak en om alles te kroon is dit 'n twee-boek sage. Hierdie boek eindig 'n bietjie stomp, maar die opwindende troos in dat daar binnekort 'n vervolg op hierdie een gaan wees.

Die hoofkarakter is Marta Schreinder wat in Switserland in 'n arm huis grootword. Haar pa is wreed en ongenaakbaar. Haar ma, liefdevol, maar sieklik. Haar broer kom met moord weg en haar jonger sussie wat mooi, maar swak is word oorbeskerm en leer nooit om vir haarself te veg nie. Marta droom om eendag haar eie hotel te besit terwyl sy vir ander huise skoonmaak en kosmaak.

Die Eerste Wereldoorlog breek uit en sy verlaat haar Vaderland. Sy trou later en het haar eie kinders. Haar eie onvervulde beoeftes, ideale en drome beïnvloed haar optrede teenoor haar eie kinders. Veral haar dogter Hildemara smag na haar ma se liefde, maar Marta se vrees dat sy 'n swakkeling sal grootmaak, maak haar totaal ongenaakbaar.

Die boek lees maklik en die lewenslesse wat in die boek opgesluit lê is kosbaar. Dis 'n pragtige boek, maar jy gaan af en toe 'n snesie nodig kry want die boek raak aan jou hartsnare. Wees gewaarsku, jy sukkel om die boek neer te sit.

No comments:

Post a Comment