Die karnaval wat op Saterdag, 3 April, gehou was, was soos altyd 'n groot sukses en daar was heerlik saamgekuier en saamgewerk.
Daar was die ou staatmakers soos die snuffeltafel, die tombola, die boeke tafel, die skyfskiet en veerpyltjies, die koektafel, die biltong en droë wors en ook die verskeie kosstalletjies soos die vetkoek, pannekoek, poeding, yankees, worsbroodjie, vis en chips ens.
Vir die kinders was daar spesiaal die besoek van die narre asook verskeie speletjies, sand-kuns, glybane en die Miss Congeniaity wedstryd aangebied.
Daar was soos voorheen verskeie individue wat ook hulle produkte uitgestal het en so die kleur en geur van die karnaval aangevul het.
Wat nuut was vanuit die gemeente was die sand-kuns en die teetuin. Albei was 'n groot sukses! Dan was daar ook die optrede van 'n gaskunstenaar, Surette Brits, wat die dag meer spesiaal gemaak het.
Baie dankie aan almal wat tyd, energie en geld gegee het om die dag 'n sukses te maak.
No comments:
Post a Comment