Sunday, July 18, 2010

TUINSIG: Nuusbrief - Junie 2010 (Volume 19)


Met Yvonne Bruce-Alexander in die Kliniek gaan dit sommer baie beter, toe ek onlangs daar was het sy heerlik in die tuin gesit en boeklees.

Dit was hartseer om te verneem dat Anna Clark aan `n hartaanval oorlede is.

Tuinsig se Kermis het goed verloop en daar is R 16 000 wins gemaak.

Behalwe vir beskuit, koffie, tee en suiker ens. wat benodig word vir bejaardes wat net een maaltyd op `n dag kan bekostig het die siekeboeg `n groot behoefte aan: Savlon, tandepaste, tandeborsels en waslappe.

As jy dalk betrokke wil raak is jy baie welkom – enige geldelike bydrae kan direk aan Tuinsig oorbetaal word en die nodige sal aangekoop word.

Anette


No comments:

Post a Comment