Die vroueaand in Mei het in die Anneks plaasgevind. Nelia het die aand gereël en geopen met `n skrifgedeelte. Karin, 'n verteenwoordiger van Cipla produkte, het die dames toegespreek oor gesondheid en 'n paar leersame punte deurgegee. Sy het ons weer bewusgemaak van die feit dat ons net een liggaam het en dat dit belangrik is om na jou liggaam om te sien – fisies en geestelik.
Nelia het gewys hoe om te “spoeg en plak “ by wyse van spreuke en gou-gou het elkeen `n gebedsjoernaal gemaak. Daar was ook heerlike sop en tuisgemaakte brood om die aand mee af te rond.
Die 10de Junie was die vroue-aand in St Lucia - wat 'n lekker aand! Weereens kan ons net al die dames bedank vir hulle getroue ondersteuning wat hierdie aande so lekker maak… en dan moet ons nie nalaat om die Here te dank vir die geseënde aande nie!
Carmen, Geraldine en Roelien het die aand aangebied met Martie wat vir ons die pragtige gedagtes op papier gegee en Susan wat ons verwelkom het met die pragtige wete dat die sleutel tot goeie vriendkap is liefde en omgee vir jou naaste. Ek persoonlik dink ieder en elk het dit geniet en was dit lekker om 'n sleutelring te maak. Julle sal die konsentrasie van oud en jonk op die foto’s sien.
Carmen verduidelik hoe om die sleutelhouers te maak.
Kinders is baie welkom om saam te kom.
Die vroue-aande vind elke tweede Donderdagaand van die maand plaas en daar word lekker gekuier en iets interessant geleer. Kom kuier saam en bring jou vriendin, almal is welkom.
Mariè Stubbe

No comments:
Post a Comment