Sunday, July 18, 2010

GREYTOWN - Huis Langenhoven: Nuusbrief - Junie 2010 (Volume 19)



Doreen, die koshuismoeder van Huis Langenhoven, waarby ons gemeente betrokke is, sê dit was 'n moeilike jaar met baie aanpassings en vra dat ons in ons gebede asseblief aan haar en die kinders sal dink. Die samestelling van die huis het baie verander en sy het 5 nuwe seuns ingekry en verwag nog een later die jaar. Dit lei maar soos in enige "gesin" tot die gewone aanpassingsprobleme…

Omdat ons die jaar nie 'n gemeentebesoek van die kinders ontvang nie het ons gedink dit sal lekker wees om op ons beurt vir 'n naweek by hulle te gaan kuier. Doreen het voorgestel dat ons hulle na die dam daar naby vat om te gaan visvang om rede hulle nog nie weer die geleentheid gehad het om vis te vang met die visstokke wat hulle tydens die vorige gemeentebesoek as geskenke gekry het nie.

Enige gemeentelede wat belang sou stel om middel Augustus of September saam met ons Greytown toe te gaan moet asb vir Carmen (082 319 3494) of Susan (082 940 7194) kontak.

No comments:

Post a Comment