Sunday, July 18, 2010

BROKKIES: Nuusbrief - Junie 2010 (Volume 19)


WEBBLAD
Baie dankie aan Lelani wat die kerk se webblad opgestel het en op datum gaan hou – ons beweeg nou saam met die tye. Gaan loer gerus in op www.ngkerkmtuba.co.za en deel in die gerief!

VETKOEK
Dankie aan die dames wat so gereeld vetkoek bak. Daar is so `n aanvraag vir vetkoek dat hulle amper nie meer kan byhou nie. Die vorige keer is daar 540 vetkoeke gebak en afgelewer. Daar sal nie in Julie gebak word nie agv die skoolvakansie.

TUIN
Baie dankie aan Jannie Pieters en sy span wat die tuin, waar die groot boom uitgehaal is, so mooi verfraai het. Dit lyk pragtig en selfs die voëltjies is in hulle skik daarmee – daar word na hartelus gebad in die voëlbad.

VISITASIE
Ds Paul Roelofse en 'n ouderling van Hluhluwe NG Gemeente het ons kerk die 24ste Mei besoek.  Daar was lekker gesels oor gemeente aangeleenthede. Dit was insiggewend om te besef dat ons as 'n kleinerwordende gemeente, se probleme maar baie dieselfde as al die ander kleiner wordende kerke en gemeentes se probleme is.

EVANGELISASIE KURSUS
Ds Frank gaan 'n Evangelisasiekursus in St Lucia aanbied. Dit duur 16 weke en sal Maandagmiddae om 17h00 plaasvind. Daar word beoog om net na die Junie/Julie-skoolvakansie met die kursus te begin. Die boeke moet per naam bestel word en daarom moet enige belangstellendes hulle name asb voor einde Junie, by Ds Frank, Magda of Anette opgee.

No comments:

Post a Comment