Baie dankie aan almal wat getrou blikkies en ander kosprodukte saambring kerk toe vir die nood-koskas. Sonder al u bydraes kan ons nie die aksie volhou nie.
Produkte met 'n lang rakleeftyd maak 'n groot deel van die aksie uit en pakkies word uitgedeel aan persone wat na die kerk toe kom, sowel as aan hulpbehoewende gesinne in ons gemeente.
Daar is egter ook soms 'n behoefte aan "'n bord kos". Om in die behoefte te voorsien, wil ons begin om borde kos te vries en dit kan dan byderhand wees, as die behoefte opduik. Ons het egter 'n vrieskas nodig, om die doelwit te kan bereik.
Die vrieskas sal ook handig te pas kom om produkte soos meel, pasta, rys en droë bone te berg.
Indien iemand dalk 'n vrieskas het, waarvan hulle ontslae wil raak, kontak ons asseblief, andersins sal ons binnekort 'n fondsinsameling loods om 'n vrieskas aan te koop.
Indien iemand dalk 'n vrieskas het, waarvan hulle ontslae wil raak, kontak ons asseblief, andersins sal ons binnekort 'n fondsinsameling loods om 'n vrieskas aan te koop.
Indien u hulp wil aanbied kontak gerus vir
Martie Nieman (072 918 1020) of Magda Botha (035 590 1623).
Die volgende word benodig:
• Droë produkte soos mieliemeel, rys, pasta, suiker, droë bone en soja-vleis.
• Tee, koffie, melkpoeier en soppoeier.
• Blikkies soos "bake beans", "sweet corn", ertjies, groen boontjies, bone en pap, tamatie & uie, lensies, wortels, gemengde groete, kerrie groente, spaghetti in tamatiesous, spaghetti & frikkadelle, tuna, sardine en "corned beef".
No comments:
Post a Comment