Kyk, 2010 is voorwaar 'n jaar wat ons nie sommer gaan vergeet nie!
Die 50-jarige fees was nog skaars verby, toe is die karnaval op ons. Nou is ons alweer amper by die halfpad merk en steeds skarrel ons rond en bly ons besig. Ons het mos maar almal ons eie agenda en ons eie probleme, soms omdat ons dit self veroorsaak en soms bloot omdat die "lewe gebeur".
Wanneer die "lewe gebeur" oor ons pad kom, kan ons egter gerus voel in die wete dat ons Sy kinders is en ons veilig by Hom is. Paasfees het ons opnuut vertel dat Hy vir ons gesterf het en dat ons nou vrygekoop is deur Sy bloed.
Nou beleef ons weer die Pinkstertyd en leef ons as splinternuwe mense, geesvervulde mense, geesbeheersde mense wat voluit vir Hom leef.
Kom ons onthou dan in hierdie Pinkstertyd dat God sy gees oor ons uitgestort het, dat ons, ons Christenlewe in die Gees begin het en dat ons dit nie in ons eie krag moet probeer eindig nie (Gal. 3:3). Vergeet van jou eie krag, dit is 'n verloorstryd wat jy gaan voer. Rig jou op Hom en leef sensitief vir dit wat die Gees in jou lewe wil hê.
Mag hierdie tyd vir almal 'n besondere groeityd wees, maar ook 'n stiltetyd en 'n luistertyd.
Die Redaksie

No comments:
Post a Comment