Vir die afgelope twee jaar was ons gemeente by die kleuterhuis van Koningsdal betrokke. Die betrokkenheid van die gemeentes het egter verander en daar is besluit dat die gemeentes saam sal werk aan gemeenskaplike doelwitte sodat daar nie duplisering is nie. Daar is egter 'n behoefte om die mat in die kleuterhuis te lig en teëls te lê. Enige bydraes wat hiervoor gemaak kan word sal baie waardeer word.
'n Spesifieke behoefte waarvoor René ondersteuning gevra het, is vir die koop van kersgeskenke vir 11 seuns vir wie hulle graag sportskoene as kersgeskenke wil gee. Enige bydraes wat u wil maak kan by Ina inbetaal word.
Op 'n persoonlike vlak gaan dit baie goed met René. Sy is nou op skildkliermedikasie en dit gaan baie beter - sy het al selfs 'n bietjie gewig opgetel. Met die kinderhuis gaan dit ook baie goed. Hulle het 'n groot skenking van Multichoice gekry vir die aankoop van duvet's, lakens en kussings en hulle is op die oomblik besig om te onderhandel vir die befondsing van 'n nuwe gebou vir 30 kinders asook die bou van nog 'n skool vir kinders tot 12 jaar waar daar ook vaardigheidsontwikkeling klasse gegee kan word.
Hulle het spesifiek voorbidding gevra vir hulle en die kinders se veiligheid (veral ook tydens die wêreldbeker sokkertoernooi). Verder ook vir een dogter wat nou by RAU studeer en twee matrikulante wat oor hulle toekoms moet besluit (ook vir beurse sodat hulle verder kan studeer in maatskaplike werk). René en Vusi is ook besig om te studeer en ons kan ook aan hulle dink in ons gebede.

No comments:
Post a Comment