'n Paar gemeentelede het die innisiatief geneem en Saterdag, 29 Mei, worsbroodjies en pannekoek by die Total garage in St Lucia verkoop om geld in te samel vir die DBV Richardsbaai en Greytown kinderhuis. Naude, PJ, Carmen, Geraldine, Rolene en Duvan het behoorlik rondgestaan om al die mese te help en dit was 'n groot sukses. Net so oor die R3000 is ingesamel!
Naude, PJ, Carmen, Duvan en Geraldine beman die tafel
Hulle wil dit graag 'n maandelike instelling maak en elke keer 'n ander aksie of instansie nomineer waarvoor hulle die geld wil skenk.
Enige iemand wat in die toekoms wil help kan vir Carmen (082 319 3494) kontak.
No comments:
Post a Comment